Die mense van Cecillia’s World is gek na droëvrugte en neute, maar slegs die beste is vir hulle goed genoeg. Om dus seker te maak die bestanddele in al Cecillia’s World-produkte voldoen aan hul hoë standaarde, soek hulle hoog en laag na die beste produsente van regoor die wêreld. Almal wat al Cecillia’s Worldprodukte geproe het, sal saamstem dit is alles die moeite werd.
